2015 Curriebeker Premierafdeling
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die 2015 Absa Curriebeker is ’n rugbykompetisie wat in 2015 tussen provinsiale spanne in Suid-Afrika beslis is. Dit was die 77ste seisoen van die kompetisie sedert dit vir die eerste keer in 1889 gespeel is.
Kitsfeite
2015 | |
---|---|
Die Absa Curriebeker se logo. | |
Verdedigende kampioene | Westelike Provinsie (34ste titel) |
Kampioene | Goue Leeus (11de titel) |
Totaal wedstryde | 43 |
Wedstryde gespeel | 43 |
Drieë gedruk | 286 (gemiddeld 6.651 per wedstryd) |
Meeste punte | 187 Marnitz Boshoff |
Meeste drieë | 11 Jamba Ulengo |
Sluit
Die Westelike Provinsie was die verdedigende kampioen. Hulle het die Goue Leeus met 19–16 in die 2014 eindstryd op Nuweland verslaan. Die eindstryd in 2015 is op 24 Oktober in Johannesburg beslis met die Goue Leeus wat wéér teen die Westelike Provinsie gespeel het, maar die bordjies verhang het met ’n oorwinning van 32–24. Die Goue Leeus behaal hiermee hulle 11de Curriebekertitel.