Caputh
From Wikipedia, the free encyclopedia
Caputh [ka'pu:t] is 'n dorp in die munisipaliteit Schwielowsee in die administratiewe distrik Potsdam-Mittelmark (deelstaat Brandenburg, Duitsland).
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Kitsfeite Land, Deelstaat ...
Caputh | |
---|---|
Dorpsdeel | |
Caputh se dorpstraat | |
Koördinate: 52°20′38″N 12°59′19″O | |
Land | Duitsland |
Deelstaat | Brandenburg |
Distrik | Potsdam-Mittelmark |
Munisipaliteit | Schwielowsee |
Eerste verwysing | 1317 |
Oppervlak | |
• Totaal | 12,46 km2 (4,81 vk. myl) |
Hoogte | 46 m (151 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 4 596 |
• Digtheid | 369/km2 (960/vk. myl) |
Tydsone | UTC+1:00 (MET) |
• Somertyd | UTC+2:00 (MEST) |
Poskode | 14548 |
Skakelkodes | 033209, 03327 |
Sluit
Die eerste historiese verwysing na Caputh dateer uit die jaar 1317. Op 31 Desember 2002 het die selfstandige dorp Caputh met die buurdorpe Ferch en Geltow saamgesluit om die nuwe munisipaliteit Schwielowsee te vorm.
Caputh is suidwes van Potsdam aan die Schwielow- en Templin-mere geleë. Die Havelrivier vloei deur albei mere. Naas sy natuurskoon, wat veral by watersportentoesiaste en stappers gewild is, het die "bloeiseldorp" Caputh deur die Slot Caputh, sy dorpskerk en die somerhuis van Albert Einstein bekendheid verwerf. 'n Veerboot verbind Caputh met Geltow.