Hansie Cronjé
From Wikipedia, the free encyclopedia
Hansie Cronjé (1969–2002) was Suid-Afrika se krieketkaptein vir die grootste deel van die 1990’s. Hy speel van 1992 tot 2000 in 68 toetse, waarin hy 3 714 lopies aanteken en 143 paaltjies neem. Daarnaas speel hy in 188 internasionale eendagwedstryde, waarin hy vir 3 966 lopies en 114 paaltjies sorg. Hy het onder meer tydens die Krieketwêreldbeker 1992, Krieketwêreldbeker 1996 en Krieketwêreldbeker 1999 vir Suid-Afrika gespeel. Hy was ook 'n lid van die Proteaspan wat tydens die Kampioenetrofee 1998 Suid-Afrika se eerste internasionale kriekettitel kon inpalm.[1] In 2000 veroorsaak hy 'n opskudding toe hy onder druk erken dat hy omkoopgeld van Indiese beroepswedders aanvaar het. Hiervoor is hy lewenslank uit alle vorme van krieket geskors. Hy is in 2002 in ’n vliegongeluk naby George in die Suid-Kaap oorlede.[2] In 2004 is hy gekies as die 11de grootste Suid-Afrikaner van alle tye (SABC3, "Great South Africans").
Hansie Cronje | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Volle naam | Wessel Johannes Cronje | |||||
Gebore | (1969-09-25)25 September 1969 Bloemfontein, Suid-Afrika | |||||
Gesterf | 1 Junie 2002 (op 32) Cradockpiek noord van George, Outeniekwaberge, Suid-Afrika | |||||
Bynaam(e) | Hansie | |||||
Kolfstyl | Regshandig | |||||
Boulstyl | Regterarm medium | |||||
Rol | Veelsydig | |||||
Internasionale geskiedenis | ||||||
Nasionale span | Suid-Afrika | |||||
Laaste Toets | 2 Maart 2000 v Indië | |||||
EDI debuut (no 15) | 26 Februarie 1992 v Australië | |||||
Laaste EDI | 31 Maart 2000 v Pakistan | |||||
EDI hempno. | 5 | |||||
Eersterangse spaninligting | ||||||
Jaar(e) | Span | |||||
1987–2000 | Vrystaat | |||||
1997 | Ierland | |||||
1995 | Leicestershire | |||||
Loopbaanstatistiek | ||||||
Kompetisie | Toets | EDI | 1ste rang | A-lys | ||
Wedstryde | 68 | 188 | 184 | 304 | ||
Lopies aangeteken | 3 714 | 5 565 | 12 103 | 9 862 | ||
Kolfgemiddeld | 36,41 | 38,64 | 43,69 | 42,32 | ||
100s/50s | 6/23 | 2/39 | 32/57 | 5/32 | ||
Hoogste telling | 135 | 112 | 251 | 158 | ||
Aflewerings geboul | 3 800 | 5 354 | 9 897 | 7 651 | ||
Paaltjies | 43 | 114 | 116 | 170 | ||
Boulgemiddeld | 29,95 | 34,78 | 34,43 | 33,50 | ||
5 paaltjies in 'n kolfbeurt | 0 | 1 | 0 | 1 | ||
10 paaltjies in 'n wedstryd | 0 | nvt | 0 | nvt | ||
Beste boulontleding | 3/14 | 5/32 | 4/47 | 5/32 | ||
Vangskote/Stonkings | 33/– | 73/– | 121/1 | 105/– | ||
Bron: CricketArchive, 22 Augustus 2007 |