Konstantyn II van Griekeland
From Wikipedia, the free encyclopedia
Konstantyn II (Grieks: Κωνσταντῖνος Βʹ, Βασιλεὺς τῶν Ἑλλήνων, Konstantínos Βʹ, Vasiléfs ton Ellínon; 2 Junie 1940 – 10 Januarie 2023) was koning van Griekeland van 1964 tot met die afskaffing van die monargie in 1973. Hy was die sesde en laaste monarg van die Huis van Sleeswyk-Holstein-Sonderburg-Glücksburg en daar is gewoonlik in Grieks na hom verwys as ο τέως βασιλιάς ("die voormalige koning").
Kitsfeite Periode, Voorganger ...
Konstantyn II | |
---|---|
Periode | 6 Maart 1964 – 1 Junie 1973 |
Voorganger | Paul |
Opvolger | Monargie afgeskaf |
Huis | Sleeswyk-Holstein-Sonderburg-Glücksburg |
Vrou | Prinses Anne-Marie van Denemarke |
Kinders | Alexia Kroonprins Pavlos Nikolaos Theodora Philippos |
Vader | Paul |
Moeder | Prinses Frederika van Hannover |
Gebore | 2 Junie 1940, Athene |
Oorlede | 10 Januarie 2023, Athene |
Sluit
As ’n manlike afstammeling van koning Christiaan IX van Denemarke het hy sy titel prins van Denemarke behou, hoewel die Griekse tak van die Deense troonopvolging uitgesluit is.