Saoedi-Arabië
Arabiese land in die Midde-Ooste en Asië / From Wikipedia, the free encyclopedia
Saoedi-Arabië (Arabies: ٱلسُّعُوْدِيَّة, As-Suʿūdīyah), amptelik die Koninkryk Saoedi-Arabië (ٱلْمَمْلَكَة ٱلْعَرَبِيَّة ٱلسُّعُوْدِيَّة, al-Mamlakah al-ʿArabīyah as-Suʿūdīyah, luister (hulp·inligting)), is 'n Arabiese land in die Midde-Ooste en Asië en die grootse op die Arabiese Skiereiland. Dit word in die noordweste begrens deur Jordanië, deur Irak in die noorde en noordooste, deur Koeweit, Katar, Bahrein, en die Verenigde Arabiese Emirate in die ooste, Oman in die suidooste, en Jemen in die suide.
| |||||
Nasionale leuse: لا إله إلا الله، محمد رسول الله Lā ʾilāha ʾillā l–lāh, Muḥammadun rasūlu l–lāh[1] (Arabies vir: "Daar is geen god behalwe Allah; Mohammed is die boodskapper van Allah"; Sjahada) | |||||
Volkslied: السلام الملكي as-Salām al-Malakiyy (Arabies vir: "Die koninklike saluut") | |||||
Hoofstad | Riaad | ||||
Grootste stad | Riaad | ||||
Amptelike tale | Arabies | ||||
Regering | Unitêre Islamitiese absolute monargie Salman bin Abdoel Aziz Mohammad bin Salman | ||||
Onafhanklikheid | 1727 1824 13 Januarie 1902 23 September 1932[2] 31 Januarie 1992 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
2 149 690[3] km2 (12de) 830 000 myl2 0,7 | ||||
Bevolking - 2022-skatting - Digtheid |
38 401 000[4] (40ste) 15 / km2 (174de) 38,8 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2022-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2022-skatting | ||||
MOI (2021) | 0,875[6] (35ste) – baie hoog | ||||
Gini (2013) | 45,9 – medium | ||||
Geldeenheid | Riyal (SR) (SAR ) | ||||
Tydsone - Somertyd |
AST (UTC+3) nie toegepas nie (UTC+3) | ||||
Internet-TLD | .sa, السعودية. | ||||
Skakelkode | +966 |
Die Persiese Golf lê tot die noordooste, die Rooisee tot die weste en die Indiese Oseaan tot die suidooste van die land. Saoedi-Arabië het 'n geraamde bevolking van 34,2 miljoen en die landsoppervlakte strek omtrent 2 150 000 vierkante kilometer. Die hoofstad en grootste stad is Riaad.
Die koninkryk word soms na verwys as "Die Land van die Twee Heilige Moskeë", aangesien Mekka en Medina, die twee heiligste plekke van die Islam, in die land geleë is.
Saoedi-Arabië is die wêreld se voorste petroleumuitvoerder. Petroleumhandel dryf die Saoediese ekonomie. Olie verteenwoordig meer as 90% van uitvoere en bykans 75% van regeringsinkomste, wat die skepping van 'n welvaartstaat bemoontlik, wat die regering sukkel om te finansier in tye van lae oliepryse.
Saoedi-Arabië word — tesame met Rusland — gereeld na verwys as 'n energiesupermag. Menseregtegroepe soos Amnestie Internasionaal en Human Rights Watch het al telkemale kommer uitgespreek oor die stand van menseregte in Saoedi-Arabië, alhoewel die Saoediese regering hierdie besware verwerp het.