Sataniese rituele misbruik
From Wikipedia, the free encyclopedia
Sataniese rituele misbruik is die beweerde mishandeling van kinders deur 'n groep volwassenes as deel van 'n kultus- of satansverering. Verhale hieroor duik sedert die 1980's gereeld op, hoewel geen oortuigende bewyse nog gevind kon word dat rituele misbruik daadwerklik voorkom nie.
Nie vir sensitiewe lesers Van die feite en/of beelde in dié artikel kan sommige lesers ontstel |
In die VSA het 'n sataniese paniek ontstaan oor duisende onbewese gevalle van dié soort misbruik wat aangemeld is. Dit het teen die laat 1990's deur baie dele van die wêreld versprei en kom vandag nog voor.