Southern Kings (Pro14-rugbyspan)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Southern Kings was ’n Suid-Afrikaanse rugbyspan wat laastens aan die multinasionale Pro14-liga in 2018–2019 seisoen deelgeneem het, nadat hulle van 2013 tot 2017 aan die Superrugbykompetisie deelgeneem het. Die span is in 2009 gestig om saam te val met die 2009 Britse en Ierse Leeus-toer na Suid-Afrika. Op 12 November 2009 het arbiters van SANZAR die Kings se bod om toetrede tot Superrugby verwerp. Die konsessie is uiteindelik aan die Melbourne Rebels toegeken.
Southern Kings | ||||
Stigting | 2009 | |||
Ontbind | 2020 | |||
Ligging | Port Elizabeth, Suid-Afrika | |||
Stadion | Nelson Mandelabaai-stadion | |||
Kapasiteit | 48 000 | |||
HUB | Loyiso Dotwana | |||
Afrigter(s) | Deon Davids | |||
Kaptein(s) | Schalk Ferreira | |||
Liga(s) | Superrugby, Pro14 | |||
2018-’19 | 7de (Konferensie B) | |||
Tuiskleure
|
Weg kleure
| |||
Statistiek | ||||
---|---|---|---|---|
Meeste punte | 170 Masixole Banda | |||
Meeste drieë | Yaw Penxe (15) | |||
Eerste wedstryd | ||||
Southern Kings 22 – 10 Western Force (23 Februarie 2013) | ||||
Grootste oorwinning | ||||
Southern Kings 44 – 3 Rebels (29 April 2017) | ||||
Grootste nederlaag | ||||
Southern Kings 10 – 72 Waratahs (4 Mei 2013) | ||||
Amptelike webwerf | ||||
www.skings.co.za |
Die konsessie is formeel aangekondig met die opening van die Nelson Mandelabaai-stadion op 16 Junie 2009. Die idee vir die span was om rugby in die Oos-Kaap te ontwikkel maar daar was slegs twee spelers van die span van die Grens in die span wat teen die Leeus gespeel het. Daar was ook bekommernis dat die span ’n een-wedstryd-wonder sou wees en, soos die Southern Spears (sy voorganger), inmekaar tuimel.[1]