Stade de la Mosson
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Stade de la Mosson (Frans: [stad də la mɔˈsɔ̃]) is die tuisveld van die Franse sokkerklub van Montpellier: Montpellier Hérault Sport Club. Die stadion se naam is afkomstig van die nabygeleë Mossonrivier. Die stadion wat hoofsaaklik aan sokker toegewy word, word ook vir rugby gebruik en het 'n kapasiteit van 32 900 sitplekke. Tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 was die amptelike naam van die stadion Stade le Mosson-Mondial 98.
Kitsfeite Bynaam, Ligging ...
Stade de la Mosson | ||
Wedstryd tussen Australië en Fidji in die Stade de la Mosson tydens die Rugbywêreldbeker 2007 | ||
Bynaam | Les Verts | |
---|---|---|
Ligging | Montpellier, Frankryk | |
Koördinate | 43°37′19″N 3°48′44″O | |
Eienaar | Montpellier Méditerranée Métropole | |
Kapasiteit | 32 900 | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Geopen | 1972 | |
Renovasie | 1988, 1997 | |
Uitgebrei | 1977, 1988 | |
Huurders | ||
Montpellier HSC |
Sluit