Suid-Afrikaanse munisipale heraldiek
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die term munisipale heraldiek behels die wapens van plaaslike owerhede soos stadsrade, dorpsbesture, graafskapsrade, afdelingsrade ens. In Wes-Europa floreer hierdie tradisie sedert die Middeleeue. In Suid-Afrika word munisipale wapens slegs sedert 1804 gebruik, maar dit het 'n sterk tradisie geword en daar bestaan nou honderde, wapens van hierdie aard in die land.