Tygerberg-gebou
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Tygerberg-gebou is 'n 29-verdieping hoë woonstelblok in Berea, Johannesburg. Dit het 'n hoogte van ongeveer 113 meter, en daar kan uitgekyk word oor Ellis Park-stadion, die Doornfonteinkampus van die Universiteit van Johannesburg, en die middestad van Johannesburg. Dit is in dieselfde blok as die Ponte-toringgebou geleë.