Abchasiërs
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Abchasiërs (Abchasies: Аҧсуа, Apswa; Georgies: აფხაზები [ɑpʰxɑzɛbi]) is 'n Noordwes-Kaukasiese etniese groep inheems aan Abchasië, 'n omstrede gebied wat volgens internasionale reg tot Georgië behoort, in die Kaukasus-streek langs die oostelike Swartseekus. Hulle praat Abchasies, 'n Noordwes-Kaukasiese taal, as moedertaal en Turks, Russies of Georgies as tweede taal.
- Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Abchasies.
Abchasiërs | |
---|---|
Abchasiërs tydens 'n optog met die Abchasiese vlag | |
Totale bevolking: | ca. 200 000–600 000 |
Belangrike bevolkings in: | Abchasië 122 040[1] Turkye 39 000–500 000[2][3][4] |
Taal: | Abchasies, Turks, Russies, Georgies |
Geloofsoortuiging: | Hoofsaaklik Oosters-Ortodokse Kerk en Soennitiese Islam Minderhede van Abchasiese tradisionele godsdiens |
Verwante etniese groepe: | Ander Noordwes-Kaukasiese volke soos Abazyne, Adigea en Oebyke |
Die meeste Abchasiërs leef in Turkye, gevolg deur Abchasië en Rusland en is aanhangers van die Oosters-Ortodokse Kerk of die Soennitiese Islam, gevolg deur die Abchasiese tradisionele godsdiens. Die etniese groep van die Abchasiërs is verwant aan die Abazyne, Adigea en Oebyke wat in die Russiese deelgebiede Karatsjai-Tsjerkessië en Adigea noordwes van die Kaukasus leef.