Andrés Manuel López Obrador
President van Mexiko sedert 2018 / From Wikipedia, the free encyclopedia
Andrés Manuel López Obrador (Spaanse uitspraak: [anˌdɾes maˈnwel ˈlopes oβɾaˈðoɾ]; gebore 13 November 1953) (algemeen bekend volgens sy voorletters AMLO) is 'n Meksikaanse politikus en sedert 1 Desember 2018 president van Meksiko. Hy was vanaf 2000 tot 2005 die hoof van regering van Meksikostad.
Andrés Manuel López Obrador | |
58ste president van Meksiko | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 1 Desember 2018 | |
Voorafgegaan deur | Enrique Peña Nieto |
---|---|
President pro tempore van die Gemeenskap van Latyns-Amerikaanse en Karibiese State | |
Ampstermyn 8 Januarie 2020 – 7 Januarie 2022 | |
Voorafgegaan deur | Jeanine Áñez |
Opgevolg deur | Alberto Fernández |
Regeringshoof van Meksikostad | |
Ampstermyn 5 Desember 2000 – 29 Julie 2005 | |
Voorafgegaan deur | Rosario Robles |
Opgevolg deur | Alejandro Encinas Rodríguez |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | Andrés Manuel López Obrador 13 November 1953 (1953-11-13) (70 jaar oud) [1] Tepetitán, Tabasco, Meksiko |
Politieke party | MORENA (sedert 2012) |
Eggenoot/-note | Beatriz Gutiérrez Müller (t. 2006) Rocío Beltrán Medina (1979–2003) |
Kind(ers) | 4 |
Alma mater | Nasionale Outonome Universiteit van Mexiko (BA) |
Handtekening |
López Obrador is in die dorpie Tepetitán in die Tabasco-deelstaat van Meksiko gebore.[2] Hy het 'n graad in Politieke wetenskap aan die Nasionale Outonome Universiteit van Meksiko behaal. Hy het in 1976 sy politieke loopbaan begin as lid van die Institusionele Revolusionêre Party (PRI). Sy eerste openbare pos was as direkteur van die Inheemse Instituut van Tabasco, waar hy die toevoeging van boeke in inheemse tale en die projek van die Chontalrif bevorder het. In 1989 het hy by die Party van die Demokratiese Revolusie (PRD) aangesluit. Hy was die party se 1994-kandidaat vir Goewerneur van Tabasco en was tussen 1996 en 1999 die nasionale leier van die party. In 2000 is hy verkies as Regeringshoof van Mexikostad. Tydens sy ampstermyn het sy beleide ten opsigte van misdaad, infrastruktuur en maatskaplike besteding hom 'n gewilde figuur gemaak.[3]In 2004 is sy staatsimmuniteit teen vervolging verwyder nadat hy geweier het om konstruksie te staak op grond wat na bewering deur sy voorganger, Rosario Robles, onteien is. Dit is later herstel.[4]
Voor die 2006 presidentsverkiesing is hy as die Coalition for the Good of All se presidentskandidaat aangewys en het met 'n naelskraap teen die Nasionale Aksie Party (PAN) se Felipe Calderón verloor. In 2011 het hy Morena gestig. Hy was die Progressiewe Beweging-koalisie se presidentskandidaat vir die 2012-verkiesing, maar het teen die Verbintenis tot Mexiko-koalisiekandidaat Enrique Peña Nieto verloor. In 2012 het hy die PRD verlaat nadat hy ontevrede was met die party se deelname aan die Pact for Mexico en by Morena aangesluit. As deel van die Juntos Haremos Historia-koalisie is López Obrador in 2018 as president van Meksiko verkies.