Arena Manawatu
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Arena Manawatu is 'n 180 000 vierkante meter publieke kompleks net wes van Palmerston North se stadskern in Nieu-Seeland. Die kompleks het drie binnenshuise stadions, met skuifbare en gelaagde sitplekke. Fasiliteite in die buitelug sluit 'n sokkerveld en renbaan in.
Arena Manawatu | ||
Die Arena Manawatu se hoofpaviljoen | ||
Bynaam | FMG-Stadion | |
---|---|---|
Ligging | Palmerston North, Nieu-Seeland | |
Koördinate | 40°21′24″S 175°36′4″O | |
Eienaar | Palmerston North Stadsraad | |
Kapasiteit | 18 000 | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Renovasie | Maart 2005 | |
Huurders | ||
Hurricanes (Superrugbyspan) Manawatu se Rugbyunie Robertson Holden International Speedway Wellington Phoenix |
Hulle beweer dat hul ongeveer 8000 besprekings per jaar hanteer, vir 36 verskillende sportsoorte voorsiening maak, bykomend tot die jaarlikse of ander ongereelde gebeurtenisse soos die "A & P Show", godsdienstige konvensies en feeste wat hier plaasvind.
'n Aantal internasionale wedstryde is al hier aangebied, onder andere Netbal tussen Nieu-Seeland en Engeland, Superrugbywedstryde en die Hyundai A-liga wedstryd (sokker). Verskeie wedstryde is gedurende die Rugbywêreldbeker 1987 en die Rugbywêreldbeker 2011 hier gespeel.