Benguela
From Wikipedia, the free encyclopedia
São Felipe de Benguela, meer bekend as net Benguela (vroeër Benguella), is 'n groot hawestad in die weste van Angola, suid van Luanda in Suider-Afrika. Die stad het 'n bevolking van 513 000 en 'n oppervlakte van 2 100 km² (810,8 myl²). Benguela is ook die hoofstad van die Benguela-provinsie, en was voor 1975 (onafhanklikheid) Benguella genoem.
- Hierdie artikel handel oor die Afrika-stad. Vir die musiekgroep, sien Benguela (musiekgroep).
Kitsfeite São Felipe de BenguelaBenguela (voorheen Benguella), Land ...
São Felipe de Benguela Benguela (voorheen Benguella) | |
---|---|
'n Kerk in Benguela. | |
Koördinate: 12°33′0″S 13°25′0″O | |
Land | Angola |
Provinsie | Benguela |
Oppervlak | |
• Totaal | 2 100 km2 (800 vk. myl) |
Hoogte | 39 m (128 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 513 000 |
• Digtheid | 224/km2 (580/vk. myl) |
Sluit
Die Benguelastroom is na die stad vernoem.