Pinatubo
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die berg Pinatubo is 'n aktiewe stratovulkaan in die Zambalesberge op die noordelike eiland Luzon van die Filippyne.[2][3] Sy uitbarstingsgeskiedenis was aan die meeste mense onbekend totdat hy vroeg in 1991 vulkaniese aktiwiteit begin toon het.
Kitsfeite
Pinatubo | |
---|---|
Ligging | Luzon, Filippyne |
Hoogte | 1 486 meter bo seevlak |
Reeks | Zambalesberge |
Koördinate | 15°08′30″N 120°21′00″O |
Bergtipe | Stratovulkaan[1] |
Laaste uitbarsting | 1993 |
Ligging in die Filippyne. |
Sluit
Pinatubo was grootliks weggekalwe deur erosie en verberg deur digte woude, wat 'n paar duisend inheemse Aetas gehuisves het.