Demoon van Laplace
gedagte-eksperiment van Pierre-Simon Laplace / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die demoon van Laplace is ’n fiktiewe entiteit in ’n gedagte-eksperiment van Pierre-Simon Laplace wat hy in 1814 beskryf het. Hierdie "demoon" is veronderstel om so intelligent te wees dat hy die presiese ligging en beweging van elke atoom ken, en dit sou hom in staat stel om die toekoms sowel as die verlede geheel en al te ken.