Don Quichot (boek)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Don Quichot of Don Quijote (Spaans: Don Quijote of Quixote) is die hoofkarakter in Cervantes se roman Die vindingryke ridder Don Quijote de La Mancha. Die roman bestaan uit twee dele: die eerste deel is in 1605 gepubliseer en die tweede deel 1615.
Kitsfeite Die vindingryke ridder Don Quijote de La Mancha, Letterkunde-portaal ...
Die vindingryke ridder Don Quijote de La Mancha | |
---|---|
Don Quichot, soos afgebeeld op 'n boekillustrasie uit 1863, van die hand van Gustave Doré | |
Skrywer | Cervantes |
Vertaler | André P. Brink |
Land | Spanje |
Uitgewer | |
Uitgegee | {{{uitgewingsdatum}}} |
Bladsye | 1117 |
ISBN | 978-90-253-0659-5 |
Sluit
Die boek was een van die eerste romans wat geskryf is in 'n moderne Europese taal. Dit is 'n relaas van die komiese reisavonture van 'n ou heer wat hom verbeel dat hy 'n dwalende ridder is. Die hoofkarakter, Don Quijote, is die stereotipe van die idealis, 'n dwase held wat hom met sy goeie bedoelings maar onpraktiese dade min of meer belaglik maak.