Droommyl
From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Droommyl is die term wat gebruik word wanneer 'n atleet daarin slaag om 'n myl (1609.344 meter) onder 4 minute te hardloop. Roger Bannister is die eerste persoon wat daarin geslaag het om 'n droommyl af te lê; sy tyd was 3:59.4. Hy het dit vermag op 6 Mei 1954. Die rekord het net ses weke gestaan tot die Australiër, John Landy, dit verbeter het tot 3:58.0.
John Walker het op 12 Augustus 1975 in Gotenburg daarin geslaag om die myl in 3:49:04 af te lê, die eerste supermyl.