Eugène Delacroix
Franse kunsskilder (1798-1863) / From Wikipedia, the free encyclopedia
Ferdinand Victor Eugène Delacroix (26 April 1798 – 13 Augustus 1863) was 'n Franse kunsskilder (skilderye in olieverf en in waterverf). Hy word beskou as die belangrikste Franse skilder van die Romantiese era (dus word hy soms "Le prince des romantiques") genoem. Nog 'n belangrike verteenwoordiger van die Romantiek was sy eietydse en goeie vriend Charles-Émile-Callande de Champmartin en Théodore Géricault, wat jonk gesterf het.[1] Hy word ook 'n "literêre skilder" genoem (onder andere deur Charles Baudelaire) omdat hy sy temas dikwels by skrywers soos Shakespeare (Hamlet et Horatio au cimetière) en Dante (Barque de Dante) geleen het. Hy was 'n vriend van die waterverfskilder Richard Parkes Bonington. 'n Bekend skildery is Le massacre de Chios (1824, nou in die Louvre museum in Parys).
Eugène Delacroix | |
---|---|
Geboortenaam | Ferdinand Victor Eugène Delacroix |
Gebore | (1798-04-26)26 April 1798 Charenton-Saint-Maurice, Île-de-France, Frankryk |
Sterf | 13 Augustus 1863 (op 65) Parys, Frankryk |
Nasionaliteit | Frankryk |
Veld | Skildery, Litografie |
Beweging | Romantiek |
Werke | La Liberté guidant le peuple, 1830 |