Gebruiker:Liami Smith/Vleiland
From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Vleiland is 'n gebied wat met water versadig is, hetsy permanent of seisoenaal, sodanig dat dit 'n duidelik identifiseerbare ekosisteem vorm. Vleilande word van ander landvorme onderskei deur die unieke grondeienskappe en plantegroei. Vleilande lok gewoonlik 'n groot aantal voëls, amfibieë en ander roofdiere.
'n Vleiland kan moerasagtig wees, maar alle vleilande is nie noodwendig moerasagtig nie. Vleilande kan volgens seisoen afwisselend nat of droog wees.
Verskeie vleilande reg oor die wêreld word onder die Ramsar-konvensie en die AEWA-verdrag beskerm.
Vleilande word ook beskou as die biologies uiteenlopendste van alle ekostelsels, wat dien as 'n habitat vir 'n wye verskeidenheid plant- en dierelewe. Verskillende vleilande lok verskillende plante en diere om te kom vestig, die alghele ekologiese toestand van die vleiland bepaal ook of dit as 'n bewaringsgebied verklaar moet word en om die publiek te betrek deur middel van bewusmaking.
Vleilande kom natuurlik voor op elke kontinent en die water in is varswater, brak of soutwater. [1]
Die Verenigde Nasies se millennium-ekosisteem assessering het bepaal dat die agteruitgang van die omgewing meer prominent in vleilandstelsels is as enige ander ekosisteem op aarde.
Saamgestelde vleilande word gebruik vir die behandeling van munisipale en industriële afvalwater sowel as stormwaterafloop. Dit kan ook 'n rol speel in die uitleg van watersensitiewe stedelike.