Gebruiker:RaniPatel/Sandput/India
From Wikipedia, the free encyclopedia
Indië, amptelik die Republiek van Indië (Hindi: भारत गणराज्य, Bharat Gaṇarājya), is 'n land in Suid-Asië. Met 1 166 079 217 (2009) inwoners is dit ná die Volksrepubliek China die tweede mees bevolkte land ter wêreld.
| |||||
Nasionale leuse: "Satyameva Jayate" Sanskrit: सत्यमेव जयते /sətjəmeːvə ɟəjəteː/ ("Waarheid Alleen Triomfeer") | |||||
Volkslied: "Jana Gana Mana luister (hulp·inligting)" /ɟənə gəɳə mənə/ | |||||
Hoofstad | Nieu-Delhi | ||||
Grootste stad | Moembaai | ||||
Amptelike tale | Hindi en Engels, 21 ander tale | ||||
Regering | Federale grondwetlike parlementêre republiek Pratibha Patil Manmohan Singh | ||||
Onafhanklikheid Onafhanklikheid Verklaar |
van die Verenigde Koninkryk 15 Augustus 1947 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
3 287 263 km2 (7de) 1 269 219 myl2 9,56 | ||||
Bevolking - 2011-skatting - 2010-sensus - Digtheid |
1 210 193 422 (2de) 1 028 610 328 363,5 / km2 (31ste) 941,6 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2010-skatting | ||||
MOI (2010) | 0,519 (119ste) – medium | ||||
Geldeenheid | Rupie (₹) (INR ) | ||||
Tydsone - Somertyd |
+5:30 (UTC+5:30) +5:30 (UTC+5:30) | ||||
Internet-TLD | .in | ||||
Skakelkode | +91 |
Indië is op die Indiese Subkontinent geleë en is vir die grootste deel 'n skiereiland, wat in die weste en suide aan die Indiese Oseaan en in die ooste aan die Golf van Bengale grens. In die noorde grens die land (van wes na oos) aan Pakistan, die Volksrepubliek China (Tibet), Nepal, Bhutan, Mianmar en Bangladesj. Teen suidooste van Indië in die Indiese Oseaan is die eilandstaat Sri Lanka en ten suidweste is die Maldive geleë.
Die hoofstad van Indië is Nieu-Delhi, maar die grootste stad van die land is Moembaai. Indië is 'n federale republiek verdeel in 28 state, 6 uniegebiede en 1 nasionale Hoofstadgebied.