Hertog van Boergondië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Hertog van Boergondië (Frans: Duc de Bourgogne) was die hoof van die Hertogdom van Boergondië, 'n hertogdom in die ooste van die huidige Frankryk. Van 880 tot 1477 het die hertoë oor die Hertogdom in die Ooste van die huidige Frankryk geheers. Van 1477 tot aan die einde van die Spaanse Opvolgingsoorlog is die titel vir Franse prinse gebruik en was dit ter selfde tyd die titel van die hoof van die Habsburgse gebiede in die Lae Lande en Frankryk. Na 1714 is die titel toegeken aan die Koning van Spanje wat dit tot vandag toe hou.