Hipogeum van Ħal-Saflieni
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Hipogeum van Ħal-Saflieni is ’n ondergrondse struktuur wat dateer uit die Saflieni-fase (3300-3000 v.C.) van die Maltese voorgeskiedenis en is geleë in Paola, Malta. Dit staan dikwels ook bekend as die Hipogeum (Maltees: Ipoġew), wat letterlik "ondergronds" in Grieks beteken. Die Hipogeum was vermoedelik oorspronklik ’n heilige toevlugsoord, maar het in prehistoriese tye ’n nekropolis geword waar die stoflike oorskot van meer as 7 000 mense gevind is. Dit is sover bekend die enigste prehistoriese ondergrondse tempel in die wêreld.[1]
Kitsfeite *, Unesco-wêrelderfenisterrein ...
Hipogeum van Ħal-Saflieni* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
Binne die Allerheiligste | |
Ligging van die Hipogeum van Ħal-Saflieni in Malta | |
Koördinate: 35°52′12″N 14°30′23″O | |
Lande | Malta |
Tipe | Kultuur |
Kriteria | iii |
Verwysings | 130 |
Streek† | Europa |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 1980 (4de Sessie) |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Sluit