Humpata
From Wikipedia, the free encyclopedia
Humpata is 'n dorp en plaaslike owerheid in die provinsie Huíla in Angola.
Humpata | |
---|---|
Koördinate: 15°0′S 13°20′O | |
Land | Angola |
Provinsie | Huíla |
Stigting | 1880 |
Oppervlak | |
• Totaal | 1 261 km2 (487 vk. myl) |
Hoogte | 1 020 m (3 350 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 82 560 |
• Digtheid | 65,5/km2 (170/vk. myl) |
Humpata is sowat 20 km van Sá da Bandeira en sowat 150 km vanaf die hawe van Mossamedes in die suidwestelike uithoek van die land geleë. Die dorp is van belang vir Suid-Afrikaners vanweë sy plek in geskiedenis van die Angola-Boere (Dorslandtrekkers) wat hulle in 1881 hier gevestig het. Dit was die sentrum van waar dié pioniers, van wie die meeste lidmate van die Gereformeerde Kerk was, uit Transvaal versprei het na talle dele van die suide van Angola. Die gebied rondom Humpata het 'n gematigde klimaat danksy die hoogte van sowat 2 000 m bo seespieël en bied goeie weiding. Tog het twee faktore die plek se groei gestrem: die verarmde toestand van die immigrante weens die verliese wat hulle gely het op hul uitmergelende trek deur die Dorsland, en die gebrek aan markte binne redelike afstand. Die meeste nasate van die Dorslandtrekkers is aan die einde van die 1920's na Suidwes-Afrika gerepatrieer ingevolge 'n skema van die Uniale regering wat £500 000 gekos het. Altesaam 350 gesinne (wat op 1 900 mense neergekom het) het na Suidwes verhuis. Net 53 gesinne het in Angola agtergebly.
In later jare is 'n tegniese instituut op Humpata opgerig, en vanweë die ontwikkeling van die nabygeleë Sá da Bandeira, wat later per spoor met Mossamedes verbind is, het dié deel van Angola in 'n stadium taamlik welvarend geword.