Keurvorstedom Brunswyk-Lüneburg
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Keurvorstedom Brunswyk-Lüneburg (Duits: Kurfürstentum Braunschweig-Lüneburg), nieamptelik bekend as die Keurvorstedom Hannover (Duits: Kurfürstentum Hannover of bloot Kurhannover), was ’n keurvorstedom van die Heilige Romeinse Ryk wat in Noordwes-Duitsland geleë was, met die hoofstad Hannover. Vir die grootste deel van sy bestaan is dit deur die Huis van Hannover regeer in ’n persoonlike unie met die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland.
| |||||
| |||||
Die Keurvorstedom Hannover in 1789. | |||||
Hoofstad | Hannover | ||||
Taal/Tale | Duits, Nedersaksies | ||||
Regering | Prinsdom | ||||
Prins-keurvors | |||||
- 1692-1698 | Ernst August | ||||
- 1698-1727 | George I | ||||
- 1727-1760 | George II | ||||
- 1760-1806 | George III | ||||
Geskiedenis | |||||
- Gevestig | 1692 | ||||
- Persoonlike unie met Groot-Brittanje en Ierland | 1714 | ||||
- Opname in Koninkryk Wesfale | 1807 | ||||
- Ontbind | 1814 |
Die Hertogdom Brunswyk-Lüneburg is in 1269 verdeel tussen verskillende takke van die Huis van Welfe. Die prinsdom Calenberg, wat deur ’n jonger seun se tak van die familie regeer is, het die grootste en magtigste staat in die hertogdom geword. In 1692 het die Heilige Romeinse keiser die prins van Calenberg in die keurvorsteraad aangestel en het die nuwe Keurvorstedom Brunswyk-Lüneburg ontstaan. Die lotgevalle van die keurvorstedom was nou verweef met dié van Groot-Brittanje deurdat keurvorstin Sophia van Hannover en haar familie die eerste aanspraakmakers op die Britse troon was tydens die bewind van koningin Anna, omdat Sophia haar naaste Protestantse familielid was.[1]
Die prins-keurvors van Hannover het in 1714 koning van Groot-Brittanje geword. Hannover is egter apart regeer en het sy eie regeringsliggame gehad. In 1807 is Hannover in die Napoleontiese Koninkryk Wesfale opgeneem en in 1814 is dit herstel as die Koninkryk Hannover. Die persoonlike unie met Brittanje het tot in 1837 geduur.[2]