Maät
Egiptiese godin / From Wikipedia, the free encyclopedia
Maät of Ma'at was in die Egiptiese mitologie die beginsel van waarheid, balans, orde, wet, moraliteit en geregtigheid. Sy is ook voorgestel as ’n godin wat die sterre, seisoene en die dade van beide gode en sterflikes reël en die kosmiese orde handhaaf wat daargestel is met die skepping van die heelal uit chaos.
Maät | ||||
Maät was beide die godin van geregtigheid en die verpersoonliking van die waarheid en reg. Haar volstruisveer verteenwoordig die waarheid. | ||||
Soort godin | Egipties | |||
Godin van | Die waarheid en geregtigheid | |||
Kultussentrum | Hele Egipte | |||
Simbool | Volstruisveer | |||
Ouers | Ra | |||
Metgesel | Thoth (soms) | |||
|
Die vroegste rekords wat behoue gebly het en wat aandui dat Maät die norm van die natuur en die samelewing is, in dié wêreld en die hiernamaals, kom uit die Ou Ryk. Die oudste bekende voorbeelde is ontdek in die piramidetekste van Oenas (omstreeks 2375 en 2345 v.C.).[1]
Later was haar manlike metgesel Thoth, wat dieselfde eienskappe as sy gehad het. Ná die onttrekking van Ra na die lug, word hulle saam uitgebeeld in sy sonboot.
Naas haar rol as die bewaker van die orde was haar belangrikste rol die weeg van siele in die onderwêreld, die Doeat.[2] Haar veer was die maatstaf wat aangedui het of ’n siel die paradys van die hiernamaals suksesvol sou bereik.
Farao's is dikwels uitgebeeld met die embleme van Maät om klem te lê op sy rol as handhawer van die wette van die skepper.[3]