McDonnell Douglas A-4 Skyhawk
Vliegdek gebaseerde bomwerper / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die McDonnell Douglas A-4 Skyhawk is 'n liggewig bomwerper wat op vliegdekskepe gebruik kon word. As gevolg van sy grootte was die vliegtuig koste-effektief en oor 'n tydperk van 25 jaar vervaardig. Dit was ook the scooter of Heineman's Hot Rod genoem. Laasgenoemde is 'n verwysing na die ontwerper, Ed Heineman. Heineman was besig met 'n kompakte, straalaangedrewe ontwerp toe die Amerikaanse Vloot dit geëvalueer het. Hierdie model was bekend as die XA4D-1. Dit was die eerste van nege prototipes en het op 22 Junie 1954 sy nooiensvlug voltooi. Daarna het die ontwikkeling vinnig gevorder en het dit die Douglas A-1 Skyraider vervang. Dit is deur die Amerikaanse Vloot en Marinierskorps gebruik asook verskeie ander lande. In kort was die vliegtuig 'n kragtige aanvalsbomwerper wat op hoë hoogtes kon vlieg, dit het 'n lang togafstand gehad en 'n verskeidenheid bomme en missiele gedra.
McDonnell Douglas A-4 Skyhawk | |
---|---|
Tipe | Strategiese bomwerper |
Vervaardiger | McDonnell Douglas |
Ontwerp deur | Ed Heineman |
Nooiensvlug | 22 Junie 1954 |
Hoofgebruiker | Amerikaanse Vloot |
Vervaardig | 1954–1979 |
Aantal gebou | 2 960 |
Programkoste | - |