Paul Methuen
From Wikipedia, the free encyclopedia
Paul Sanford Methuen, 3de Baron Methuen (1 September 1845 - 30 Oktober 1932) was die derde Baron Methuen en 'n bevelvoerder in die Britse leër.
Kitsfeite Geboortedatum, Geboorteplek ...
Paul Sanford Methuen | |
---|---|
Lord Methuen | |
Geboortedatum | 1 September 1845 |
Geboorteplek | Corsham Court, Wiltshire |
Sterfdatum | 30 Oktober 1932 (85 jaar oud) |
Sterfplek | Corsham Court, Wiltshire |
Lojaliteit | Verenigde Koninkryk |
Diens/Tak | Britse leër |
Jare in diens | 1865–1912 |
Rang | Veldmaarskalk |
Poste beklee | Home District Eastern Command Suid-Afrika Natal Malta |
Veldslae/oorloë | Derde Anglo-Ashanti-oorlog Tweede Vryheidsoorlog |
Toekennings | Knight Grand Cross of the Order of the Bath Knight Grand Cross of the Order of St Michael and St George Knight Grand Cross of the Royal Victorian Order |
Sluit
Paul Sanford Methuen is gebore te Corsham Court, Wiltshire as die oudste van die drie seuns van Frederick Henry Paul Methuen, 2de Baron Methuen en sy vrou Anna Horatia Caroline Sanford. Hy het sy opvoeding ontvang te Eton kollege. Hy het militêre diens verrig in die hedendaagse Ghana (wat destyds as die Goudkus bekend gestaan het) asook in die hedendaagse Botswana (toe bekend as die Betsjoeanaland protektoraat). Hy het die rang van Luitenant-Generaal in 1899 verwerf en tydens die Tweede Vryheidsoorlog by die Slag van Magersfontein geveg, waar hy verslaan is deur die Boeremagte.