Pentagram
vyfpuntige ster / From Wikipedia, the free encyclopedia
’n Pentagram is ’n vyfpuntige ster wat met vyf reguit lyne getrek word en is een van die oudste simbole in die wêreld. Dit is al meer as 4 000 jaar voor Christus gebruik. Die naam stam van die Griekse πεντάγραμμον (pentagrammon), wat vyf lyne beteken. ’n Ou woord vir die pentagram is ’n drudevoet.