Planetêre differensiasie
From Wikipedia, the free encyclopedia
Planetêre differensiasie is die proses waardeur die verskillende materiale van ’n planeet vanweë hulle fisiese of chemiese eienskappe skei en aparte lae vorm. Die digter materiale sak af na die middel, terwyl minder digte materiale na die oppervlak styg, gewoonlik in ’n oseaan van magma. In so ’n proses word ’n planeetkern en -mantel gewoonlik gevorm, soos die Aarde se kern en mantel. Soms word ’n chemies verskillende kors bo-op die mantel gevorm, soos die aardkors. Planetêre differensiasie kom voor in planete, dwergplanete, die asteroïde 4 Vesta en natuurlike satelliete soos die Maan.