Sabi Sand-wildreservaat
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Sabi Sand is 'n wildreservaat geleë aangrensend aan die Krugerwildtuin in die laeveld van Mpumalanga, Suid-Afrika, wat ook deel uitmaak van die Groter Limpopo Oorgrenspark. Die Newington-toegangshek is aan die suidekant by 24°52′9″S 31°24′16″O, noordwes van die Krugerhek en Skukuza.
Kitsfeite Koördinate: 24°54′0″S 31°33′0″O ...
Sabi Sand Wildreservaat | |
---|---|
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Mpumalanga |
Naaste dorp | Skukuza, Hazyview |
Koördinate: 24°54′0″S 31°33′0″O | |
Oppervlak | 65 000 ha |
Bestuursliggaam | Sabi Sand Owners' Assosiation |
Webblad | About Sabi Sand |
Sluit
Die wildtuin se naam is afkomstig van die Sabie- en Sandriviere wat daardeur vloei. Die oppervlak van die reservaat is 65 000 hektaar en dit deel 'n nie-omheinde grens van 50 km met die Krugerwildtuin aan sy oostekant.