Sarmiento
From Wikipedia, the free encyclopedia
Sarmiento is 'n dorp in die Chubut provinsie van Argentinië. Daar bly sowat 8 000 inwoners volgens die 2001 volkstelling en is die hoofdorp van die gelyknamige departement. Dit is geleë in die sogenaamde Sentrale Straat van Patagonië, binne 'n vrugbare vallei in die middel van 'n andersins dorre gebied, 140 km wes van Comodoro Rivadavia, in die suide van Chubut. Dit lê tussen twee mere die Mustersmeer en die Colhue Huapi-meer. Aantreklikhede sluit die versteende woud en grottekeninge in.
Kitsfeite Land, Provinsie ...
Sarmiento | |
---|---|
Stad | |
Koördinate: 45°35′0″S 69°05′0″W | |
Land | Argentinië |
Provinsie | Chubut |
Stigting | 21 Junie 1897 |
Regering | |
• Burgemeester | Sebastián Balochi |
Hoogte | 258 m (846 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 8 028 |
Tydsone | UTC-3 (ART) |
Poskode | 9020 |
Skakelkodes | 0297 |
Webwerf | coloniasarmiento.gov.ar |
Sluit