Strokiesverhaal
kreatiewe werk waarin beelde en teks inligting soos narratiewe oordra / From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Strokiesverhaal (dikwels ook strokiesprent of tekenprentverhaal) is die generiese term vir opvolgende kuns. Dit bestaan uit opvolgende prente wat in volgorde gerangskik is en wat 'n gebeurtenis beskryf of 'n verhaal vertel. Strokiesverhale is 'n grafiese medium en kan baie, min, of selfs geen woorde bevat nie. Die woorde neem dikwels die vorm van verhalende teks en/of direkte rede aan.