Supernova-oorblyfsel
oorblyfsel van 'n ster wat ontplof het / From Wikipedia, the free encyclopedia
’n Supernova-oorblyfsel is die wolk wat ontstaan ná die ontploffing van ’n ster in ’n supernova. Dit bestaan uit materiaal wat deur ’n skokgolf van die ster se kern af weggeskiet word en die interstellêre materiaal wat dit saamsleep en skok.