Toyota Quantum
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Toyota Quantum is 'n minibus van die Japannese motorvervaardiger Toyota. Die Quantum is spesiaal ontwerp deur Toyota Suid-Afrika as 'n verbeterde Toyota HiAce vir bemarking aan die taxibedyf, waar dit baie gewild is. Die Quantum en die nuwe Ses'fikile Quantum beklee die eerste plek as die besverkoper mensvervoerder in Suid-Afrika.
Kitsfeite Oorsig, Ook genoem ...
Oorsig | |
---|---|
Ook genoem | Toyota HiAce |
Produksie | 2000–tans |
Montering | Toyota Suid-Afrika, Prospecton, Durban |
Bakwerk en onderstel | |
Bakstyl | Minibus |
Uitleg | Voorenjin, agterwieldryf |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 2.7 L 111 kW Toyota I4 petrolenjin 2.5 L 89 kW Toyota I4 dieselenjin |
Ratkas | 5-gang handrat |
Lengte | 4695–5380 mm |
Breedte | 1695–1880 mm |
Hoogte | 1980–2285 mm |
Asafstand | 2162–3110 mm |
Sluit
Die Quantum is nie in die Verenigde State, Kanada of Europa beskikbaar nie.
Die prys van 'n nuwe Quantum in Suid-Afrika wissel tussen R209 900 en R290 100. Standaardfunksies sluit in die Quantum immobiliseerder, Toyota Care Microdot stelsel, lugversorging, sentrale sluiting, remhulp, sluitweerremme, sitplekgordels vir bestuurder en alle passasiers, radio met CD-speler en verdonkerde kantvensters in die kajuit.