Tussen-die-Riviere-wildreservaat
From Wikipedia, the free encyclopedia
Tussen-die-Riviere is 'n wildreservaat wat ingewig lê tussen die Oranjerivier en die Caledonrivier in die Suid-Vrystaat van Suid-Afrika. Die reservaat is 10 km oos van die dorp Bethulie, wes van Smithfield en Aliwal-Noord, 22 000 hektaar groot en die ingangshek is by 30.47024°S 26.11366°O / -30.47024; 26.11366.
Tussen-die-Riviere-wildreservaat | |
---|---|
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Vrystaat |
Naaste dorp | Bethulie |
Koördinate: 30°30′16″S 26°6′0″O | |
Oppervlak | 22 000 |
Bestuursliggaam | Vrystaat Provinsiale regering |
Dit is 'n maklik-bereikbare reservaat in 'n malaria-vrye gebied. Die reservaat verskaf nege grasbedekte self-sorg chalets vir toeriste wat tussen lae koppies geleë is, en vyf oornaghutte vir jagekspedisies.
Die reservaat beskik oor 'n groot verskeidenheid vrylopende wildsoorte:
Duikers, steenbokke, rooihartbeeste, elande,
- witrenosters is weer in die reservaat vrygelaat.
- volstruise en baie ander dierelewe.
Die reservaat beskik oor 120 km se grondpaaie as wildkykroetes en besoekers kom meestal vanaf omliggende streke, asook Colesberg en Bloemfontein.