Vlag van Curaçao
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die vlag van Curaçao is op 2 Julie 1984 amptelik in gebruik geneem. Hierdie dag word ook “Dag van de Vlag” genoem. Dit beteken letterlik vlagdag en hierdie dag word gevier op ses voormalige eilande van die Koninkryk van die Nederlande wat aan die Nederlandse Antille behoort het. Dit is ’n vakansiedag waar daar baie amptelike seremonies is en die vlag vertoon word. Die vlag vertoon ’n blou agtergrond met ’n geel horisontale baan in die onderste helfte en twee vyfpuntige wit sterre in die skildhoek.