Waterbesparing in Suid-Afrika
besparing van water in Suid-Afrika / From Wikipedia, the free encyclopedia
Water is 'n skaars hulpbron en moet te alle tye bespaar word, veral in Suid-Afrika, wat as 'n waterarm land beskou word. Die verstedeliking en die gevolglike bevolkingsaanwas in stedelike en veral metropolitaanse gebiede plaas druk op die beperkte varswaterbronne. Dat die hoeveelheid varswaterbronne in die toekoms sal moet vermeerder, is 'n gegewe. Die mikpunt van 'n doeltreffende dorps- of stadsraad is om die hoeveelheid waterverbruik laag genoeg te hou sodat (1) 'n skielike watertekort nie die inwoners oorval nie, en (2) dat genoeg tyd gegun word om 'n alternatiewe waterbron te soek of te bou.