Willem Pretorius-wildreservaat
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Willem Pretorius Wildreservaat is geleë in die Vrystaat en is 12 005 hektaar groot. Die reservaat is 30 km noord van Winburg, 8 km oos van die N1 nasionale pad en 19 km suid van Ventersburg. Die reservaat omring die hele Allemanskraaldam en die Sandrivier vloei in 'n oos- na wesrigting deur die reservaat.
Kitsfeite Koördinate: 28°18′22″S 27°14′10″O ...
Willem Pretorius Wildreservaat | |
---|---|
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Vrystaat |
Naaste dorp | Ventersburg |
Koördinate: 28°18′22″S 27°14′10″O | |
Oppervlak | 12 005 ha |
Bestuursliggaam | Vrystaat Provinsiale regering |
Sluit