Woiwodskap Podlachië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Woiwodskap Podlachië (Pools: Województwo podlaskie) is in die noordooste van Pole geleë en behels naas Suwalszczyzna of die Suwałki-streek ook 'n deel van die naamgewende Podlachië. Die woiwodskap – een van 16 in Pole – is in 1999 met die samesmelting van die voormalige woiwodskappe Białystok en Łomża en 'n deel van Suwałki gevorm en word deur die woiwodskappe Ermland-Masurië, Masowië en Lublin omsluit. Behalwe vir die hoofstad Białystok is Podlachië 'n oorwegend landelike en ylbevolkte gebied.
| |||
---|---|---|---|
Kaart | |||
Wapen en seël | |||
Basiese gegewens | |||
Hoofstad: | Białystok | ||
Woiwode: | Maciej Żywno | ||
Woiwodskapsmaarskalk: | Jarosław Dworzański | ||
Grootste stad: | Białystok | ||
ISO 3166-2: | PL-PD | ||
Bevolking: | 1 190 828 (30 Junie 2009)[1] | ||
Bevolkingsdigtheid: | 59 inwoners per km² | ||
Geografie | |||
Oppervlakte: | 20 180 km² | ||
- waarvan land: | ? km² | ||
- waarvan water: | ? km² | ||
Strekking: | Noord-suid: tot 229 km Wes-oos: 48-147 km | ||
Hoogste punt: | ? bo seevlak | ||
Laagste punt: | ? benede seevlak | ||
Landskaplike struktuur | |||
Bosse: | ? % | ||
Waterliggame: | ? % | ||
Landbou: | Byna 60 % | ||
Ander: | ? % | ||
Administratiewe verdeling | |||
Selfregerende stede: | 3 | ||
Powiat (landelike distrikte): | 14 | ||
- Munisipaliteite: | 118 |
Die woiwodskap, wat in die ooste aan Litaue en Wit-Rusland grens, word van oudsher deur etniese diversiteit gekenmerk en naas Pole ook deur Wit-Russe, Litauers en nakomelinge van Tatare bewoon wat hulle tydens die heerskappy van koning Jan III Sobieski hier gevestig het. So het aanhangers van verskillende godsdienste – Rooms-Katolieke, Ortodokses en Moslems – hier steeds vreedsaam naas mekaar geleef.
Deur die loop van eeue was Podlachië meestal 'n grensgebied – tussen Pole en die Grootvorstedom Litaue, tussen Poolse gebiede wat deur Pruise geannekseer is en Rusland en later tussen Rusland en die Koninkryk Pole. Die grootste deel van hierdie streek het met die herstigting van 'n onafhanklike Poolse staat in 1918 weer Pools geword. Die munisipaliteit Puńsk (Gmina Puńsk, Litaus: Punsko valsčius), wat merendeels deur Litaussprekendes bewoon word, is sedert 2006 amptelik tweetalig.