Wêreldrugby o/20-kampioenskap
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Wêreldrugby o/20-kampioenskap (tot in 2014 bekend as die IRR Juniorrugbywêreldbeker) is ’n internasionale rugbykompetisie wat deur Wêreldrugby vir o/20-spelers aangebied word. Die eerste toernooi is in Junie 2008 in Wallis aangebied en vervang die vorige o/19- en o/21-kompetisies.
Wêreldrugby o/20-kampioenskap | |
2023 | |
Marian Pîrvu met die trofee nadat Nieu-Seeland die Junior Rugbywêreldbeker in 2009 gewen het | |
Sportsoort | Rugby |
---|---|
Gestig | 2008 |
Eienaar | Wêreldrugby |
Inwydingseisoen | 2008 |
Deelnemende lande | wêreldwyd |
Aantal spanne | 12 |
Mees onlangse kampioen | Frankryk (2023) |
Verwante kompetisies | Rugbywêreldbeker en Wêreldrugby o/20-trofee |
Twaalf spanne neem jaarliks aan die kompetisie deel. Aanvanklik het 16 spanne deelgeneem, maar weens finansiële redes is besluit om slegs 12 spanne vanaf 2010 te laat deelneem.[1]
Die Junior Rugbywêreldbeker is die hoogste vlak van Wêreldrugby se toernooistruktuur vir o/20-spanne. ’n Tweede vlak, die Wêreldrugby o/20-trofee word ook vir minder sterk lande aangebied en agt lande ding hierom mee.
Bevordering en afskuiwing tussen die twee toernooi word toegepas. Die wenner van die trofee sal aan die volgende jaar se Kampioenskap deelneem terwyl die span wat laaste geëindig het in die Kampioenskap om die volgende jaar se trofee sal meeding.