Zamość
From Wikipedia, the free encyclopedia
Zamość [ˈzamɔɕt͡ɕ] (Duits ook Zamosch) is 'n stad in die Suidoos-Poolse woiwodskap Lublin, sowat 240 kilometer suidoos van Warskou en 110 kilometer noordwes van die Oekraïense stad Lwif (Lemberg) in die Roztocze-streek geleë.
Woiwodskap Lublin | Wapen |
Vlag | |
Land | Pole |
Woiwodskap | Lublin |
Koördinate | 50°43′N 23°16′O |
Stigting (eerste verwysing) | 1580 |
Stadstatus | 1580 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 30,48 vk km |
Hoogte bo seevlak | 212 m |
Bevolking: | |
- Totaal (30 Junie 2013) | 65 494[1] |
- Bevolkingsdigtheid | 2 148,8/vk km |
Tydsone | MET (UTC +1) |
- Somertyd | MEST (UTC +2) |
Klimaat | |
- Tipe | Kontinentaal-gematig |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 7,2 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | -4,4 °C/17,4 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 600 mm |
Burgemeester | Marcin Zamoyski |
Amptelike Webwerf | www.zamosc.pl |
Die stad is in 1578 volgens planne van die Venesiaanse boumeester Bernardo Morando ontwerp - in 'n Italiaanse Renaissance-styl wat aan Zamość later die bynaam "Padua van die Noorde" sou besorg. Die historiese stadskern is deur Unesco in 1992 as wêrelderfenisgebied gelys.