Złoty
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die złoty [ˈzwɔtɨ] (luister (hulp·inligting)) is die geldeenheid van die Republiek van Pole. Dit word opgedeel in 100 groszy.
Die naam is metonimies afgelei van die Poolse adjektief złoty "die goue een" en die selfstandige naamwoord złoto "goud" - złoty beteken dus letterlik "die goue munt", "die goue geld" - net soos in Afrikaans, Nederlands en Duits waar die substantiewe gulden en geld eweneens oorspronklik van respektiewelik goud en Gold afgelei is.