Gamma Cephei
From Wikipedia, the free encyclopedia
Gamma Cephei of γ Cephei (afgekort as Gamma Cep of γ Cep) is ’n dubbelsterstelsel sowat 45 ligjare van die Son af in die sterrebeeld Kefeus (Cepheus). Die primêre komponent, Gamma Cephei A, amptelik bekend as Errai,[6] het ’n sterreklassifikasie van K1 III-IV en is dus ’n oranje subreus. Dit het ’n rooidwergmetgesel, Gamma Cephei B. ’n Eksoplaneet met die naam Gamma Cephei Ab, wat later Tadmor gedoop is, wentel waarskynlik om die primêre ster.
Gamma Cephei
| ||||
Die ligging van Gamma Cephei (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Kefeus | |||
Spektraaltipe | K1 III-IV CN1 / M4 V[1] | |||
Soort | Dubbelster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 23h 39m 20.852s[2] | |||
Deklinasie | +77° 37′ 56.19″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 3,22 | |||
Absolute magnitude (M) | -1,31[3] | |||
B-V-kleurindeks | 1,03 (A) | |||
U-B-kleurindeks | 0,94 (A) | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 1,40 ± 0,12 / 0,409 ± 0,018[1] | |||
Radius (R☉) | 4,79 ± 0,06 (A)[4] | |||
Ouderdom (jaar) | 6,6 miljard (A)[5] | |||
Eienskappe | ||||
Veranderlikheid | Vermoed (A) | |||
Veelvoudigheid | Dubbelster | |||
Ander name | ||||
35 Cep, Gl 903, HR 8974, BD +76°928, HD 222404, GCTP 5725.00, SAO 10818, FK5 893, HIP 116727 | ||||
|
Gamma Cephei is die ster wat met die blote oog sigbaar is wat Polaris eindelik sal vervang as die poolster vanweë aksiale presessie. Dit sal omstreeks 3000 n.C. nader as Polaris aan die noordpool wees en sal omstreeks 4000 n.C. op sy naaste aan die pool wees. Omstreeks die 6de millennium n.C. sal dit as poolster vervang word deur Iota Cephei.
Gamma Cephei het ’n skynbare magnitude van 3,22, waarvoor Gamma Cephei A feitlik alleen verantwoordelik is. Die primêre ster is sowat 6,6 miljard jaar oud (gebaseer op sy Fe/H-metaalinhoud)[5] en is aan die wegbeweeg van die hoofreeks. Sedert 1943 dien die ster se spektrum as een van die stabiele verwysingspunte waarvolgens ander sterre geklassifiseer word.[7]
Gamma Cephei B se massa is omtrent 0,409 keer dié van die Son.[1] Dit is waarskynlik ’n rooidwerg van klas M4 en is 6,2 grade van ’n magnitude dowwer as die primêre ster.[1] Daar word vermoed die twee sterre is ewe oud.