HD 209458 b
eksoplaneet / From Wikipedia, the free encyclopedia
HD 209458 b, ook bekend onder sy bynaam, Osiris,[1] is ’n eksoplaneet wat sowat 150 ligjare van hier om die ster HD 209458, soortgelyk aan die Son, wentel in die sterrebeeld Vlieënde Perd. Die radius van die planeet se wentelbaan is 7 miljoen kilometer, sowat 0,047 AE of ’n agtste van Mercurius se wentelbaan. Dié klein wentelbaan het tot gevolg dat ’n jaar op die planeet gelyk is aan sowat 3,5 dae op Aarde en dat die temperatuur op die oppervlak sowat 1 000 °C is. Sy massa is 220 keer die Aarde s’n, of 0,69 Jupiter-massas. Sy volume is 2,5 keer dié van Jupiter. Die groot massa en volume dui daarop dat dit ’n gasplaneet is.
Kitsfeite
HD 209458 b | ||||
Eksoplaneet | ||||
Die grootte van HD 209458 b in vergelyking met dié van Jupiter. | ||||
Moederster | HD 209458 | |||
Ster se eienskappe | ||||
Sterrebeeld | Vlieënde Perd | |||
Regte klimming | 22h 03m 10.8s | |||
Deklinasie | +18° 53′ 04″ | |||
Skynmagnitude (m) | 7,65 | |||
Afstand (ligjaar) | 154 | |||
Metaalinhoud | 0,00 ± 0,02 | |||
Ouderdom | 4 ± 2 | |||
Spektraaltipe | G0V | |||
Planeet | ||||
Massa | 1,13+0.03−0.02 | |||
Radius | 1,14+0.06−0.05 | |||
Temperatuur | 6 000 ± 50 | |||
Wentelperiode | 3,52474541 ± 0,00000025 dae | |||
Ontdekking | ||||
Datum | 5 November 1999 | |||
Ontdekkers | D. Charbonneau, T. Brown, D. Latham, M. Mayor, G.W. Henry, G. Marcy, K. O'Connor, R.P. Butler, S.S. Vogt | |||
Metode | Radiale snelheid | |||
Status | Gepubliseer | |||
|
Sluit