Hanau
From Wikipedia, the free encyclopedia
Hanau, wat ter ere van sy bekendste boorlinge, die Gebroeders Grimm, die amptelike bynaam Brüder-Grimm-Stadt dra, is die sesde grootste stad in die Duitse deelstaat Hesse met 'n bevolking van omstreeks 90 000. Hanau is in die ooste van die Ryn-Maingebied aan die monding van die Kinzigrivier in die Main geleë. Die historiese residensiestad van die here en grawe van Hanau dien vandag as die ekonomiese en kulturele sentrum van die administratiewe distrik Main-Kinzig.
Kitsfeite Land, Deelstaat ...
Hanau | |
---|---|
Stad | |
Monument vir die Gebroeders Grimm | |
Byname: Brüder-Grimm-Stadt | |
Ligging in die deelstaat Hesse | |
Koördinate: 50°8′N 08°55′O | |
Land | Duitsland |
Deelstaat | Hesse |
Administratiewe streek | Darmstadt |
Administratiewe distrik | Main-Kinzig-Kreis |
Regering | |
• Burgemeester | Claus Kaminsky (SPD) |
Oppervlak | |
• Totaal | 76,49 km2 (29,53 vk. myl) |
Hoogte | 104 m (341 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 90 302[1] |
• Digtheid | 1 180,6/km2 (3 058/vk. myl) |
Tydsone | UTC+1:00 (MET) |
• Somertyd | UTC+2:00 (MEST) |
Poskode | 63450, 63452, 63454, 63456, 63457 |
Skakelkodes | 06181 |
Webwerf | www.hanau.de |
Sluit
Hanau het 'n lang tradisie as nywerheidstad en steun tans veral op die dienste- en hoëtegnologiesektor.[2]