Kepler-ruimteteleskoop
From Wikipedia, the free encyclopedia
Kepler is ’n ruimteteleskoop wat deur Nasa gelanseer is om Aardtipe-planete om ander sterre te vind.[1] Die ruimtetuig, wat na die sterrekundige Johannes Kepler genoem is,[2] is op 7 Maart 2009 gelanseer.[3]
Kepler-ruimteteleskoop | |
---|---|
’n Kunstenaarsvoorstelling van Kepler. | |
Operateur | Nasa |
Soort tuig | Teleskoop/sterrewag |
Gelanseer | 7 Maart 2009 |
Hoogte | 1 AE |
Periode | 372,5 dae |
Lanseringsvuurpyl | Delta II (7925-10L) |
Duur van sending | ≥ 7,5 jaar Verstreke: 15 jaar, 1 maand en 29 dae |
Massa | 1 052 kg |
Deursnee | 0,95 m |
Webtuiste | Kepler |
Status | Aktief |
Die tuig is ontwerp om ’n deel van ons omgewing van die Melkweg te verken en duisende eksoplanete te ontdek wat soortgelyk aan die Aarde is en binne of naby die bewoonbare sone van sterre voorkom. Dit moet ook meet hoeveel miljarde sterre in ons sterrestelsel sulke planete het.[4] Kepler se enigste instrument is ’n fotometer wat die helderheid van meer as 145 000 hoofreekssterre in ’n vaste sigveld voortdurend meet.[5] Dié data word na die Aarde gestuur, waar dit bestudeer word om periodieke verdowwings in sterre waar te neem wat veroorsaak word deur eksoplanete wat voor die sterre verbybeweeg.