Mazanderani
From Wikipedia, the free encyclopedia
Mazanderani (مازندرانی, Mazandarani) of Tabari (تبری, Tabari) is 'n Irannese taal wat deur sowat 2,4 miljoen mense, veral Mazanderani's, in die noorde van Iran (Mazandaran-provinsie) langs die Kaspiese See gepraat word.
Mazanderani مازندرانی, Mazandarani تبری, Tabari | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Iran | |
Gebied: | Wes-Asië | |
Totale sprekers: | 2,4 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Indo-Irannees Irannees Wes-Irannees Noordwes-Irannees Kaspies Mazanderani | |
Skrifstelsel: | Arabiese alfabet (Mazanderani-alfabet) | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | ||
ISO 639-3: | mzn | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Mazanderani is nou verwant aan Gilaki en die twee tale het 'n gemeensame woordeskat.[2] Alhoewel Persies Mazandarani tot 'n groot mate beïnvloed het, bly Mazandarani 'n taal op sy eie met 'n Noordwes-Irannese oorsprong.[3] Die tale Mazandarani en Gilaki (maar geen ander Irannese tale) deel bepaalde tipologiese eienskappe met Kaukasiese tale (veral Suid-Kaukasiese tale),[4] wat die geskiedenis, etniese identiteit en 'n noue verwantskap tussen die etniese groepe van die Kaukasusstreek en beide die Mazandarani's en Gilaki's weerspieël.[5][6]