München
From Wikipedia, the free encyclopedia
München (Duits: [ˈmʏnçən] luister (hulp·inligting), Beiers: Minga [ˈmɪŋ(ː)ɐ], Latyn: Monacum, byvoeglike naamwoord: monacensis) aan die Isarrivier is die hoofstad van die Duitse deelstaat Vrystaat Beiere. Met 'n bevolking van 1,48 miljoen en 'n oppervlakte van meer as 310 km² is München die grootste stedelike nedersetting in dié deelstaat volgens sy inwonertal en sy oppervlakte, asook die derde grootste stad in Duitsland ná Berlyn en Hamburg en die dertiende grootste stedelike nedersetting in die Europese Unie. Vanweë sy kleiner oppervlakte in vergelyking met ander Duitse metropole word München deur 'n relatief hoë bevolkingsdigtheid gekenmerk.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Duitsland |
Deelstaat | Beiere |
Koördinate | 48°08′N 11°35′O |
Stigting | 14 Junie 1158 |
Stadstatus | 1175 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 310,7 vk km |
Hoogte bo seevlak | 519 m |
Bevolking: | |
- Totaal (31 Desember 2019) | 1 484 226[1] |
- Bevolkingsdigtheid | 4 777/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 2 700 000 |
- Metropolregion | 6 000 000 |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Klimaat | |
- Tipe | Gematigde klimaat |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 8,9 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | −1,8 / 17,5 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 960,2 mm |
Burgemeester | Dieter Reiter (SPD) |
Amptelike Webwerf | muenchen.de |
Die sogenaamde Metropolregion München, wat naas München se metropolitaanse gebied ook stede soos Augsburg, Ingolstadt, Landshut, Rosenheim, Kaufbeuren en omliggende landelike distrikte insluit, het 'n oppervlakte van 27 700 vierkante kilometer en 'n bevolking van sowat ses miljoen.
Die stad is 'n kulturele sentrum met universiteite, talle historiese geboue en meer as 12 000 ondernemings in die media- en rolprentbedryf. Sedert die sewentigerjare het die stad tot een van die welvarendstes in Europa ontwikkel; die stad huisves 'n bloeiende ekonomie met groot transnasionale korporasies soos Siemens, BMW, MAN en Allianz. Ander belangrike nywerhede is in die lug- en ruimtevaart, brouerye, elektroniese ingenieurswese en wetenskaplike gereedskap.