Regulus
From Wikipedia, the free encyclopedia
Regulus (ook Alpha Leonis of α Leo) is die helderste ster in die sterrebeeld Leeu (Leo) en een van die helderstes in die naglug. Dit is sowat 79 ligjare van die Aarde af[1] en is ’n veelvoudige stelsel wat uit vier sterre bestaan wat in twee groepe ingedeel word. Die spektroskopiese dubbelster Regulus A bestaan uit ’n blouwit hoofreeksster en ’n metgesel wat nog nie regstreeks waargeneem is nie, maar moontlik ’n witdwerg is.[4] Verder weg lê Regulus B en Regulus C, wat dowwe hoofreekssterre is.
Kitsfeite
Regulus A / B / C
| ||||
Regulus in die sterrebeeld Leeu (rooi omsirkel). | ||||
Sterrebeeld | Leeu | |||
Spektraaltipe | B8 IVn / K1-2 V / M5 V | |||
Soort | Veelvoudige ster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | A: 10h 08m 22.311s[1] B, C: 10h 08m 12.8/14s | |||
Deklinasie | A: +11° 58′ 01.95″[1] B, C: +11° 59′ 48″ | |||
Skynmagnitude (m) | 1,35 / 8,14 / 13,5 | |||
Absolute magnitude (M) | –0,52 / 6,3 / 11,6 | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 3,8[2] / 0,8 / 0,2 | |||
Radius (R☉) | 3,092[3] / 0,5 / ? | |||
Ligsterkte (L☉) | 288 / 0,31 / ? | |||
Ouderdom (jaar) | Sowat 1 miljard | |||
Temperatuur (K) | 12 460 (A) | |||
Eienskappe | ||||
Veranderlikheid | Effens | |||
Ander name | ||||
Alpha Leonis, 32 Leo, Cor Leonis, Aminous Basilicus, Lion’s Heart, Rex, Kalb al Asad, Kabeleced, FK5 380, GCTP 2384.00, GJ 9316, HIP 49669, HR 3982. α Leo A: BD+12 2149, HD 87901, LTT 12716, SAO 98967. α Leo B: BD+12 2147, HD 87884, LTT 12714, SAO 98966. | ||||
|
Sluit